 |
 |

|
|
 |
222 mm x 146 mm sagteband, 304 bladsye
AVP R220, ISBN 978-1-4152-0014-8
Publikasiedatum: Julie 2009, Kategorie: Memoir
Beskrywing
Izak de Villiers, welkbekend as digter en skrywer, uitsaaier, TV-persoonlikheid, tydskrif- en koerantredakteur, kyk in sy sewentigerjare terug op ’n lewe en loopbaan wat met hoogtepunte besaai is. Meestal is hierdie los vertellings gefokus op spesifieke mense: Pa en Ma in die Paarl, groot figure onder wie hy gewerk het, soos Piet Cillié en adv Lang Dawid de Villiers, of wat sy pad as joernalis gekruis het, soos Jimmy Kruger, PW Botha, FW de Klerk, Margaret Thatcher, Jimmy Carter, Dalene Matthee, Audrey Blignault, die redakteur van Prawda, en talle ander. Hy draai nie doekies om nie, vertel uitgesproke en eerlik van die goeie en die slegte van mense, ook van homself. In die proses kom ’n skerp beeld van ’n sensitiewe en hoogs intelligente mens na vore, soms iemand met profetiese visie, soms iemand wat nie mooi inhaak by die węreld nie, maar altyd iemand wat deur die węreld loop en soek na antwoorde. As ’n binne-blik op Naspers, van iemand wat terselfdertyd van die binnekring én ’n buitestander was, is Strooidak en toring noodsaaklike leesstof vir wie in die laaste jare van die ou bedeling bewustelik gelewe het.
Uit Strooidak en toring, bladsy 150
Op ’n dag in die laat veertigerjare het ons dominee my ma kom vra of sy ’n besoekende “spesiale prediker” vir ’n week sou kon huisves. Daardie tyd het die kerk “spesiale predikers” gehad, gewoonlik uiters toegewyde manne wat die Woord kon bedien soos min ander. Waar hulle gepreek het, was die kerke saans stampvol. Mense het in massas tot bekering gekom of hul geloof weer vernuwe.
Ma was gewillig om die dominee te huisves, maar toe voeg ons eie predikant ’n klein voorwaarde by: die dominee bly nie graag waar klein kinders hom kan steur nie. En waar hoenders is wat soggens kraai, of raserige honde, wil hy ook nie bly nie omdat hy snags tot laat werk. Dr. J. C. G. Kotzé.
Hoogs eksentriek. Ek het sedertdien self al ’n stel of twee met ’n hospita se lastige kroos of honde afgetrap, so, terugskouend het ek simpatiemet sy versoek.
En so ’n reeks preke tap jou emosioneel. Sodra jy sleg begin slaap, kan jy maar vergeet van “met jou hele hart” preek. Ons besoekende prediker was glo so ’n mens.
Ma het nagedink en nee gesę. Haar hoenders was te verkies bo die dominee se besoek en om my hond stil te hou, was ook nie haar forte nie, jammer. Ma het onderneem om te help om vir hom lekker kos te maak. Die besoekende leraar het toe by twee ouerige mense tuis gegaan en elke aand skitterende preke gelewer. My eerste gewaarwording van hom was hoe bleek hy lyk in sy swart toga. Hy was sy lewe lank nie die gesondste van mense nie. Maar van sy preke daardie week onthou ek nou nog. Hy sou ’n geweldige invloed op my latere lewe hę.
Lees verder
Lees Elmari Rautenbach se artikel oor Strooidak en toring in Rapport.
Lees JC Kannemeyer se resensie in Die Burger.
Lees Theunis Engelbrecht se resensie in Rapport.
Lees At van Wyk se resensie in Beeld hier.
Lees ’n resensie in die Volksblad.
Lees ’n resensie in Pretoria News.
Om hierdie boek te koop
www.exclusivebooks.com
www.kalahari.net
|
|
home writers books contact buy rights
all content © Umuzi, Random House Struik

this website designed and maintained by Guanaco.co.za
|
|