 |
 |

|
|
 |
222 mm x 146 mm sagteband, 192 bladsye
AVP R215, ISBN 978-1-4152-0068-1
Publikasiedatum: Mei 2009, Kategorie: Memoir
Beskrywing
Op elf maande word beide Oscar Pistorius se bene net onder die knie geamputeer weens 'n genetiese gebrek. Maar Oscar laat hom nie van stryk bring nie. Oscar is die verhaal van hoe 'n jong man met die ondersteuning van sy ouers die struikelblokke van die lewe oorkom deur te weier om tou op te gooi. In sy eie woorde vertel Oscar van sy grootwordjare: van boomhuis bou; kaskar ry en rem aanslaan met die kunsbene; van sport en skool en meisies. Dit is 'n beeld van 'n seun soos enige ander, want niks sou hom laat glo hy is gestremd nie. In 2004 begin hy aan atletiek deelneem. 'n Jaar later wen hy twee goue medaljes tydens die Paralimpiese Węreldkampioenskap. Maar sy wedloop is nog nie voltooi nie. In 2007 neem Oscar deel aan sy eerste internasionale kompetisie vir ongestremde atlete. 'n Polemiek bars los: gee die kunsledemate Oscar 'n onregverdige voordeel? Uitgebreide toetse in Duitsland en Amerika volg, en in 'n verhoor voor die Sporthooggeregshof in Switserland word Oscar gelyk gegee. Hierdie boek volg Oscar Pistorius se verhaal van seuntjie sonder bene tot sportsuperster. Die boek het oorsronklik in Italië verskyn, waar Oscar groot beroemdheid geniet en is deur die bekende radiopersoonlikheid Tossie Lochner vertaal.
Uit Oscar, bladsy 20
Die kaskar het nie remme gehad nie. Carl het net so elke 50 of 60 meter teen die kant van die pad vasgery om spoed te verminder. Daarna het hy weer spoed opgetel tot onder. Maar dié dag het hy verby die stilhouplek gejaag. Ek onthou dit soos gister: ons het alle grense oorskry. Die wiele het begin wikkel terwyl ons al hoe vinniger af en af en af na onder is: 100 meter, 150 meter, 200 meter … Ons was besig om te vlieg!
Al hoe vinniger het ons nader en nader aan die keermuur aan die onderkant gekom. Ek moet erken, as daar 'n oomblik in my lewe was wat ek gedink het die einde is naby, dan was dit toe. Ons sou enige oomblik teen die muur bots. Maar skielik gryp Carl een van my bene in sy hand en druk dit blitsvinnig tussen die wiele in: hierdie rem bring ons twintig meter van die muur tot stilstand. Nie die modernste remme in die węreld sou tot beter in staat wees nie!
Lees verder
Click here to listen to Oscar being interviewed by Soli Philander.
Click here to listen to a podcast interview with Oscar.
Lees ’n resensie oor die boek hier.
Lees ’n resensie in die District Mail.
Om hierdie boek te koop
www.exclusivebooks.com
www.kalahari.net
|
|
home writers books contact buy rights
all content © Umuzi, Random House Struik

this website designed and maintained by Guanaco.co.za
|
|