Umuzi Rights Catalogue Buy Umuzi Books Contact Umuzi Umuzi Books Umuzi Writers Umuzi Home Page



222 mm x 146 mm sagteband, 208 bladsye
AVP R220, ISBN 978-1-4152-0079-7
Publikasiedatum: Augustus 2009, Kategorie: Fiksie


Beskrywing
Die Nobel-pryswenner J.M. Coetzee se bekroonde roman Disgrace (1999) is nou in Afrikaans onder die titel In oneer beskikbaar. Die roman is deur die digter Fanie Olivier vertaal. Disgrace, wat in verskeie tale regoor die wêreld uitgegee is, het die Booker-prys in 1999 verower.
In oneer vertel die verhaal van professor David Lurie, dosent van romantiese poësie in Kaapstad, middeljarig en twee keer geskei, wat impulsief ’n verhouding met ’n student aanknoop. Die affair versuur en hy word veroordeel en voor ’n kommissie van ondersoek gedaag. Gevolglik bedank hy en trek hy hom terug na die afgeleë kleinhoewe van sy dogter Lucy. Onder haar invloed en die natuurlike ritmes van die plaas wil dit vir ’n rukkie lyk of daar weer harmonie in sy wanstaltige lewe gaan kom. Maar die magsbalans in die land is aan die verskuif. Hy en Lucy word wreed aangeval, en dit bring al die krake in hul verhouding aan die lig.

Uit In oneer, bladsy 5
Vir iemand van sy ouderdom, twee-en-vyftig, geskei, het hy, na sy mening, die saak van seks nogal knap opgelos. Donderdaemiddae ry hy Groenpunt toe. Stiptelik om twee-uur druk hy die knoppie by die ingang van Windsor Mansions, sê sy naam, en gaan in. Wagtend by die deur van nr. 113 is Soraya. Hy loop reguit deur na die slaapkamer, met sy soet geur en gedempte lig, en trek uit. Soraya kom uit die badkamer, laat haar japon val, gly langs hom die bed in. “Het jy my gemis?” vra sy. “Ek mis jou die hele tyd,” antwoord hy. Hy streel haar heuningbruin lyf, sonder ’n spoor van die son; hy sprei haar oop, soen haar borste; hulle maak liefde.

Lees verder


Lees Chris van der Merwe se resensie in Die Burger hier.


Om hierdie boek te koop
www.exclusivebooks.com
www.kalahari.net



home   writers   books   contact   buy   rights

all content © Umuzi, Random House Struik

Random House Struik

this website designed and maintained by Guanaco.co.za