Umuzi Rights Catalogue Buy Umuzi Books Contact Umuzi Umuzi Books Umuzi Writers Umuzi Home Page



231 mm x 152 mm sagteband, 144 bladsye
AVP R200, ISBN 978-1-4152-0059-9
Publikasiedatum: Oktober 2008, Kategorie: Nie-Fiksie


Besoek Antoinette Pienaar se webwerf

Skyfievertoning
Klik hier om van die foto's in Kruidjie roer my te sien. (1,247 Kb aflaai)

Beskrywing
The ancient Karoo art of herbal healing taught by a Griqua man to his atypical apprentice.

Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise, die eerste keer staan voor oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-heler, sê hy: “Hier kom Juffrou nou eers aan!” Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na kleinseun aangegee is. Ná sewe jaar se vakleerlingskap volg hierdie boek oor wat Karoo-kruie vir jou kan doen. Hoe dit jou kan roer – want in oom Johannes se benadering kort nie net jou liggaam heling nie, jou gees word saam gedokter. Met ‘n weelde aan volkleurfoto’s, stories, raad en indekse is dit ’n familieboek vir blaai, lees en naslaan.

In Kruidjie roer my hoor jy die warm stem van Antoinette Pienaar soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek Vrydagmiddae op RSG dit ken.

Ook in Engels beskikbaar as The Griqua’s Apprentice.


Uit Kruidjie roer my, bladsy 35
Oom Johannes het my plegtig een middag, kort nadat ek by hom begin leer het, twee verskillende bossies gewys en met ’n breë, selfversekerde glimlag gesê: “Dis nou die twee bossies wat vir Juffrou gesond gemaak het!” Hy het sy hand diep in ’n papiersak gedruk en met ’n klompie kruie tussen sy vingers uit die sak uitgekom: “Dis nou ’n gryp, so as ek vir Juffrou sê vat ’n gryp van dié en twee grype van daai, dan weet Juffrou wat ’n gryp is.” Hier het ek die wonder begin ontdek van hoe mens kruie afmeet en voorskryf. My wyse ou leermeester het my geduldig, en altyd met so ’n sweempie van ’n glimlag, oor en oor dieselfde bossie gewys totdat my oë genoegsaam oopgegaan het dat die kruie met my kon praat.

Lees verder

Amore Bekker, aanbieder van “Kruie kraai koning” op RSG, sê:
Kruidjie roer my is nie ’n mediese gids nie maar ’n harts-gids. Alles kom uit Antoinette se hart uit. Volg dit en jy sal haar heling ervaar.”

Kyk na foto’s van die bekendstelling van die boek.

Kyk na die video clip van Antoinette Pienaar & Oom Johannes Willemse wat praat oor Kruidjie roer my.


Stuur gerus vir ons u mening oor hierdie boek. (Opmerkings mag aangepas en gebruik word vir hierdie webblad.)

Om hierdie boek te koop
www.exclusivebooks.com
www.kalahari.net



home   writers   books   contact   buy   rights

all content © Umuzi, Random House Struik

Random House Struik

this website designed and maintained by Guanaco.co.za