Umuzi Rights Catalogue Buy Umuzi Books Contact Umuzi Umuzi Books Umuzi Writers Umuzi Home Page



Hardeband met stofomslag, 128 bladsye
AVP R150, ISBN 978-1-4152-0091-9
Publikasiedatum: Maart 2010, Kategorie: Kookkuns


Beskrywing
As die pad na versoening deur ’n land se maag loop, is Evita Bezuidenhout se boek die resep vir vrede. Die hele land – en die wye wêreld – word na haar tafel genooi waar almal saam kan smul aan geregte soos soet-en-suur pêreluitjies, aspersiekombersies, groenboontjiebredie en komynhoender met soetpatats. Wie kan skel en baklei met ’n mond vol okkerneutbolletjies of pampoenkoekies of gebakte appelnarre? Liewe aarde, ná ’n rojale porsie rooiwynkonyn of tarentaal met sultanas en hanepoot kan daar net broederskap volg. Maar Tannie het aan alles gedink, want daar is ook resepte vir diabete en vegetariërs, kosjer en halaal-resepte, en selfs resepte vir so ’n fietse lyf soos hare. Vir kleingoed, pieknieks, of Krismis – saam met Evita is kokery towery vir lekkerkry.

Also in English as Evita’s Kossie Sikelela.

Uit Evita se kossie sikelela, bladsy 54
Daar is niks lekkerder as om jou ou-ou vriende te verras nie met “ ’n óú dingetjie, ’n blou dingetjie, ietsietjie van jou, en nog ietsie van my ...” (Bloubessiesous oor roomys, dalk?) Jou tafel kan natuurlik jou troefkaart wees. Of hou dit voorspelbaar elegant. Destyds het ek alewig in die moeilikheid beland by BOSS: ek het mos so ’n sagte plekkie vir tafeldoeke en servette van sy, veral rooi sy. Hulle het natuurlik gedink ek ondersteun daardie spul kommuniste in Peking. Dan moes ek altyd verduidelik ek laat die sy sommer plaaslik deur ons eie mopaniewurms spin ...

Kliek hier om twee van Evita se resepte te sien.


Om hierdie boek te koop
www.exclus1ves.co.za
www.kalahari.net



home   writers   books   contact   buy   rights

all content © Umuzi, Random House Struik

Random House Struik

this website designed and maintained by Guanaco.co.za