 |
|

|
|
 |
Oor die skrywer
J.M. Coetzee is in 1940 in Kaapstad gebore, die seun van ’n Afrikaanssprekende vader en Engelssprekende moeder. Hy het sy universiteitsopleiding hier en in die VSA gehad. Sy eerste aanstelling was as dosent in letterkunde aan die Staatsuniversiteit van New York te Buffalo, waarna hy na die Universiteit van Kaapstad gekom het. Ná sy uittrede as professor in Engelse letterkunde het hy hom as erenavorsingsgenoot by die Universiteit van Adelaide in Australië aangesluit. Coetzee was die eerste skrywer wat die Booker-prys twee keer ontvang het (vir Life and Times of Michael K en Disgrace). Die Nobel-prys vir Letterkunde is in 2003 aan hom toegeken.
Sy oeuvre sluit die volgende werke in
• Dusklands (1974)
• In the Heart of the Country (1977, bekroon met die CNA-prys)
• Waiting for the Barbarians (1980, bekroon met die Geoffrey Faber-gedenkprys, die James Tait
Black-gedenkprys en die CNA-prys)
• Life and Times of Michael K (1983, bekroon met die CNA-prys, die Booker-prys en die Prix Etranger Fémina)
• Foe (1986)
• Age of Iron (1990, bekroon as die Sunday Express se boek van die jaar)
• The Master of Petersburg (1994, bekroon met die Irish Times International Fiction-toekenning)
• Boyhood: scenes from provincial life (1997)
• Disgrace (1999)
• Youth: scenes from provincial life II (2002)
• Elizabeth Costello (2003)
• Slow Man (2005)
• Diary of a Bad Year (2007)
• Summertime (2009)
Titel uitgegee deur Umuzi
In oneer
|
|
home writers books contact buy rights
all content © Umuzi, Random House Struik

this website designed and maintained by Guanaco.co.za
|
|