Umuzi Rights Catalogue Buy Umuzi Books Contact Umuzi Umuzi Books Umuzi Writers Umuzi Home Page



Stuur gerus vir ons u mening op hierdie skrywer. (Opmerkings mag aangepas en gebruik word vir hierdie webblad.)

Oor die skrywer
Jaco Fouché is op Klerksdorp gebore, het in Vereeniging begin skoolgaan en in Hermanus gematrikuleer. Dit was in die Hermanus Times dat van sy eerste skryfwerk in die vorm van koerantberigte verskyn het. Hy het later ’n joernalistiekkursus aan die Kaapste Technikon geloop en toe as programmeerder begin werk. Enkele jare later is hy na Europa op ’n reis wat in sy debuutroman, Ryk van die rawe, sou neerslag vind. Daarna het hy ook nog gewerk as kroegman en as verkoopsman van waterpomp- en filterstelsels voordat hy na die Karoo is om voltyds te probeer skryf. Daarna was hy eers nog vir ’n kort rukkie kopieskrywer by ’n TV-kanaal voordat hy hom in Bloemfontein gevestig het om hom met veral vertaalwerk – en natuurlik skryf – besig te hou. Ryk van die rawe is met die Eugène Marais-prys bekroon en was finalis vir die M-Net-Literêre Toekenning. Twee dae in Mei is sy derde roman.
Van Fouché skryf die gesaghebbende prof. Louise Viljoen: “Jaco Fouché het hom [...] duidelik onderskei in die Afrikaanse letterkunde.”

Ander boeke deur Jaco Fouché:
   •   Ryk van die rawe, Queillerie, 1996
   •   Paartie by Jakes, Queillerie, 1997 (kortverhale)
   •   Die avonture van Pieter Francken, Tafelberg, 2005

Lees Haydee Morgan-Hollander se onderhoud met Jaco Fouché op LitNet.




home   writers   books   contact   buy   rights

all content © Umuzi, Random House Struik

Random House Struik

this website designed and maintained by Guanaco.co.za