Umuzi Rights Catalogue Buy Umuzi Books Contact Umuzi Umuzi Books Umuzi Writers Umuzi Home Page



Stuur gerus vir ons u mening oor hierdie skrywer. (Opmerkings mag aangepas en gebruik word vir hierdie webblad.)

Oor die skrywer
Fransi Phillips het op ‘n plaas in die destydse Wes-Transvaal grootgeword. Vandag is sy benewens kunskritikus en vryskutjoernalis ook kulturele adviseur van die Tsjeggiese Ambassade in Pretoria. Sy het verskeie werkswinkels in kuns, musiek en drama in die townships aangebied, asook voordragte op internasionale kongresse, skeppende skryfprogramme en universiteitskursusse. Sy het aan die Universiteit van Pretoria nagraadse kwalifikasies in die filosofie en kunsgeskiedenis behaal. Die SA Kunsvereniging het haar vereer vir haar kunskritiese werk. Die donker god is haar vyfde roman.


Ander boeke deur die skrywer:
   •   Die horlosie se wysers val af. Pretoria: Kabelkarnimfe. 1983.
   •   77 stories oor ‘n clown. Pretoria: HAUM. 1985.
   •   Die wilde kind. Pretoria: HAUM. 1987.
   •   Theresa se droom. Pretoria: HAUM. 1988.
   •   Herfsverhale. Pretoria: Queillerie. 1992.
   •   The snow angel. Hodder & Stoughton. 1993.
   •   ’n Baie lang brief aan Rolf. Pretoria: HAYM. 1994.
   •   The soul of an antelope. Kaapstad: Via Afrika. 1995.
   •   Nicholas se belofte. Johannesburg: Perskor. 1996.
   •   The Promise. Johannesburg: Perskor. 1996.
   •   My lied van die niet. Pretoria: Protea. 2002.

Fransi Phillips sê:
“Sondagmiddae neem ek hierdie seuntjie met Down-sidroom na ‘n restaurant in die park. Sy naam is Kosie en hy leer my om eenvoudige taal te gebruik. As ek nie eenvoudige taal met hom praat nie, laat hy my les opsê.”

“Ek het nooit enige leser in gedagte wanneer ek ‘n boek skryf nie, maar noudat dit klaar is, dink ek dit kan gelees word deur universiteitstudente en hul professore, intelligente professionele mans (van wie daar net ‘n paar is), intelligente professionele vroue (van wie daar baie is), intelligente huisvroue (van wie daar baie is), en hardhandige mans (van wie daar ook baie is).”

Menings oor die skrywer se vorige werk:
Die wilde kind
“Hoe dieper daar in Die wilde kind gedelf word, hoe meer gee hy prys. Dis ‘n uitsonderlike sprokie deur ‘n baie uitsonderlike grootmens.”
– Johann de Lange

Theresa se droom
“Net ‘n meester met die taal kan só iets as hierdie stileer.”
– Gerrit Velthuysen

Herfsverhale
“’n Uiters subtiele deurskouing van vergeet en van verbygaan, van herfs in baie gedaantes.”
– Heilna du Plooy

Sewe-en-sewentig stories van ‘n clown
“Wanneer mens onder die oppervlak kyk, is dit duidelik dat die skryfster met fyn organisatoriese vernuf te werk gegaan het.”
– René Marais



home   writers   books   contact   buy   rights

all content © Umuzi, Random House Struik

Random House Struik

this website designed and maintained by Guanaco.co.za