Umuzi Rights Catalogue Buy Umuzi Books Contact Umuzi Umuzi Books Umuzi Writers Umuzi Home Page



340 x 240 mm hardeband met stofomslag, 32 bladsye
AVP R150, ISBN 978-1-4152-0038-4
Publikasiedatum: Junie 2007, Kategorie: Poësie


Skyfievertoning
Klik hier om ’n paar van die illustrasies in Fynbosfeetjies te sien. (467 Kb aflaai)

Beskrywing
Daar woon ’n feetjie by elke soort Kaapse fynbos, en hier stel Antjie Krog hulle op haar onnabootsbare manier aan ons voor, in sestien verse vir kinders en almal wat die kind in hulleself behou het. Elke vers gaan oor die feetjie of klein wesentjie wat in ’n spesifieke spesie fynbos woon – daardie bossiesagtige plantegroei van die Kaapse Blommeryk. Hierdie feetjies, werk, versorg die plante of mors, hulle lag, slaap of droom … dis ’n besige lewe vir ’n gemiddelde fynbosfeetjie in die veld.
Die boek is asemrowend in volkleur geïllustreer deur Fiona Moodie, met elke insek, plant of wesentjie noukeurig weergegee ná fyn waarneming, ook van die insekte en klein diertjies wat met elke plant geassosieer word.

Also available in English, entitled Fynbos Fairies.


Uit Fynbosfeetjies, bladsy 4
DISA-FEETJIE

so dans die Disa-dogtertjie
so dans sy langs die stroom

so buig sy met die varings saam
en was haar vlerkies skoon

so drink die Disa-dogtertjie
dou van die silwerboom

so het die Disa-dogtertjie
diep in my hart kom woon


Lees verder:
Disafeetjie
Skoenlapper-klasfoto
Tjienkerientjee-feetjie
Varkoorfeetjie


Antjie en Fiona en fynbos
Met Fynbosfeetjies bring Antjie Krog en Fiona Moodie, wat albei gereeld op die hange van Tafelberg gaan stap, hulde aan een van die natuurwonders van die wêreld. Antjie, geïnspireer deur Cicely Mary Barker se A World of Flower Fairies, het die bal aan die rol gesit deur verse te skryf oor verskillende blomplante wat deur minstens een denkbeeldige wesentjie bewoon word. Fiona het die karaktertrekke en aard van elke plant en die insekte en gediertetjies wat daarmee geassosieer word, nagevors. Die feetjies en ander droomwesentjies in hierdie boek is haar eie skeppings, maar die blomme, goggas en diertjies het sy by die natuur afgekyk en noukeurig nageteken sodat die afbeeldings wetenskaplik korrek is.

Antjie Krog sê
“As kind was ek betower deur kinderryme: die klank en ritme daarvan en die onsêbaarheid wat op ‘n manier tog gesê word. Dit is een van die heerlikhede van die lewe om vir ‘n kind ryme te lees en te sien hoedat klank ’n onuitwisbare dimensie belig.”

Fiona Moodie sê
“Om hierdie verse te illustreer, was louter plesier omdat hulle my herinner het aan die denkbeeldige wêreld wat ek as gelukkige maar alleenkind bewoon het op die Bolandse plaas waar ek grootgeword het. Dit was ‘n vreugde om blomme te skilder en ek hoop dat my prente by kinders ‘n belangstelling in die natuurskoon om ons in Suid-Afrika sal help aanwakker.”


Jay Heale, listing his top ten children’s books in the Cape Argus on 10 December 2007, says:
This book is provocative. It is totally different from the delicate, dainty, Oh-so-English Flower Fairies of Cicely Mary Barker. These South African floral spirits are modern and with-it. The Erica fairies wear jeans and Grandma Geranium smokes a pipe. The poems by Antjie Krog (in the Afrikaans Fynbosfeetjies) are sheer brilliance. I reckon Gus Ferguson found it hard to produce the same pithy word play in his English version. The fifteen ultra-large, highly varied picture pages by Fiona Moodie are stunning: a pictorial encyclopedia of the fynbos: its inhabitants, its varied plants and winged visitors.


'n Kleurryke boek wat jou verbeelding behoorlik laat kerjakker ... Die ritme laat die tone krul en dit klink net so, um wel, lekker!
Laetitia Pople, Burger

Woorde dartel soos feetjies oor die bladsye ... Elke bladsy is 'n kunswerk.
Huisgenoot


Stuur gerus vir ons u mening oor hierdie boek. (Opmerkings mag aangepas en gebruik word vir hierdie webblad.)

Om hierdie boek te koop
www.exclusivebooks.com
www.kalahari.net



home   writers   books   contact   buy   rights

all content © Umuzi, Random House Struik

Random House Struik

this website designed and maintained by Guanaco.co.za