Umuzi Rights Catalogue Buy Umuzi Books Contact Umuzi Umuzi Books Umuzi Writers Umuzi Home Page



Oor die skrywer

EKM Dido is die derde oudste van twaalf kinders. Sy is ’n boorling van Tsomo in die toenmalige Transkei. Om onderwyser te word, was haar droom, maar daar was nie geld vir matriek nie. Verpleging het wel ’n kans vir verdere opleiding gebied, en sy is Kimberley toe waar sy ’n diploma in algemene verpleegkunde behaal het. Daarvandaan na Kaapstad vir diplomas in verloskunde en psigiatriese verpleegkunde, en toe eers kon sy haar jare lange wens bewaarheid deur matriek oor die pos te verwerf. Dit het sy opgevolg met deeltydse studie aan Unisa wat haar die graad BA(Cur) in verpleegadministrasie, verpleegonderrig en gemeenskapsverpleging besorg het. Vandag is sy lektor in verpleegkunde aan Netcare Education in Belville. Sy is ’n direkteur van die Suidoosterfees in Kaapstad en ook ’n direkteur van Woordkuns by die KKNK.

Lees EKM Dido se skrywersprofiel in Rapport hier.

Ander boeke deur EKM Dido:
   •   Die storie van Monica Peters, Kwela, 1996
   •   Rugdraai en stilbly, Kwela, 1997
   •   ‘n Stringetjie blou krale, Kwela, 2000
   •   Die onsigbares, Kwela, 2003

Haar titels uitgegee deur Umuzi:
    •     'n Ander ek, 2007
    •     Emma en Nella, 2010




home   writers   books   contact   buy   rights

all content © Umuzi, Random House Struik

Random House Struik

this website designed and maintained by Guanaco.co.za