 |
Stuur gerus vir ons u mening oor hierdie skrywer. (Opmerkings mag aangepas en gebruik word vir hierdie webblad.)
Oor die skrywer
Carina Diedericks-Hugo, een van die produktiefste en suksesvolste skrywers van kinder- en jeugboeke, is in Johannesburg gebore en het in Pretoria en Kaapstad grootgeword. Ná matriek in Kaapstad studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), Honneurs Afrikaans en Nederlands (cum laude) en MPhil (Joernalistiek). Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys, en het die ATKV-Kinderboekprys reeds vyf maal gewen. Wanneer sy nie stories skryf nie, werk sy as boekeredakteur by Protea Boekhuis. Sy woon saam met haar man, die digter Daniel Hugo, in Stellenbosch.
Boeke deur die skrywer
• Oogkontak, Contentlot, 2001
• thomas@moord.net, Lapa, 2001
• thomas@skerpioen.net, Lapa, 2002
• Koning Henry, Tafelberg, 2003
• thomas@aqua.net, Lapa, 2003
• thomas@sms.net, Lapa, 2004
• Operasie MIAAU, Human & Rousseau, 2005
• thomas@nagmerrie.net, Lapa, 2005
• thomas@aksie.net, Lapa, 2007
• Die verdrinking van Joshua van Eden, Umuzi, 2008
Carina sê:
“Ek put my inspirasie uit my man, bling-bling, Villiera Tradition Brut, sjokoladekoek sonder versiersuiker, kwaito en Sondae op Greyton.”
|
|