 |
|

|
|
 |
Stuur gerus vir ons u mening oor hierdie skrywer. (Opmerkings mag aangepas en gebruik word vir hierdie webblad.)
Oor die skrywer
Chris Barnard, een van die mees bekroonde skrywers in Afrikaans (o.m. die Hertzogprys twee keer, die CNA-prys drie keer) is in 1939 in Nelspruit gebore. Hy was boekuitgewer, joernalis en filmvervaardiger, en as skrywer was hy een van die befaamde Sestigers wat die letterkunde se grense dramaties versit het. Sy tweede roman, Mahala, word dekades reeds onder die klassieke Afrikaanse werke gereken. Sy oeuvre sluit talle literatuursoorte in: kortverhale en romans, jeugromans, dramas, draaiboeke (o.m. die Oscar-genomineerde Paljas), rubrieke en deesdae lirieke vir bekende sangers. Sy werk is wyd vertaal. Hy is ’n neuteboer in Mpumalanga.
Lees ’n onderhoud met Chris Barnard hier.
Boeke deur die skrywer
ROMANS
• Man in die middel, Afrikaanse Pers-Boekhandel, 1963
• Mahala, Tafelberg, 1971
• Moerland, Tafelberg, 1992
• Boendoe, Tafelberg, 1999
NOVELLES
• Bekende onrus, JL van Schaik, 1961
• Die houtbeeld, Afrikaanse Pers-Boekhandel, 1961
• Dwaal, Afrikaanse Pers-Boekhandel, 1964
• Die swanesang van majoor Sommer, Afrikaanse Pers-Boekhandel, 1965
KORTKUNS
• Duiwel-in-die-bos, Tafelberg, 1968
• Chriskras, Tafelberg, 1972
• Chriskras: 'n tweede keur, Tafelberg, 1976
• So onder deur die maan, Tafelberg, 1985
• Klopdisselboom – die beste van Chriskras, Tafelberg, 1988
• Oulap se blou, Umuzi, 2008
JEUGROMANS
• Boela van die blouwater, Afrikaanse Pers-Boekhandel, 1962
• Danda, Tafelberg, 1974
• Danda op Oudeur, Tafelberg, 1977
• Voetpad na Vergelegen, Tafelberg, 1987
DRAMAS EN HOORSPELE
• Pa maak vir my 'n vlieër Pa, Afrikaanse Pers-Boekhandel, 1964
• 'n Stasie in die niet, Tafelberg, 1970
• Die rebellie van Lafras Verwey, Tafelberg, 1971
• Iemand om voor nag te sê, Tafelberg, 1975
• Op die pad na Acapulco, Tafelberg, 1975
• 'n Man met vakansie, Tafelberg, 1977
• Taraboemdery, Tafelberg, 1977
• Die twaalfuurwals, Tafelberg, 2008
TV- EN FILMDRAAIBOEKE
• Piet-my-vrou & Nagspel, Tafelberg, 1982
• Paljas & Die storie van Klara Viljee, Tafelberg, 1998
AS REDAKTEUR
• Die Transvaalse Laeveld, Tafelberg, 1975
Film- en televisiewerk
TV-REEKSE
• Phoenix & Kie
• Die avonture van Joachim Verwey
• 1945
• Die dood van Elmien Adler
• Simon en sandra
• Onder draai die duiwel rond
• Amalia 1 & 2
TV-ENKELDRAMAS
• Bart nel (verwerk)
• Nagspel
• Piet-my-vrou
• Donkerhoek
• Tekwan
• Die swanesang van Majoor Sommer (verwerk)
DOKUMENTÊRE FILMS
• Slampamperman (C Louis Leipoldt)
• Moederland (Transvaalse Laeveld)
• Sonklong (D J Opperman)
• Die mens agter die boek (N P van Wyk Louw)
• Man van klip en klei (Martin Versfeld)
FILMDRAAIBOEKE
• Fiela se kind (verwerk)
• Die storie van Klara Viljee
• Paljas
Bekronings aan die skrywer
• Bekende onrus – CNA-prys (1961)
• Boela van die blouwater – APB-prys vir Jeuglektuur (1962)
• Duiwel-in-die-bos – CNA-prys (1968) en Hofmeyrprys (1968)
• Die Rebellie van Lafras Verwey – SAUK/BRT-prys vir Hoorspele (1970), SAUK Akademieprys vir hoorspele (1973) en Idemprys vir Radiohoorspele (1980)
• Mahala en Duiwel-in-die-Bos – Hertzogprys vir Prosa (1973)
• Donkerhoek – Idemprys vir Televisiedrama (1984)
• So onder deur die maan – FAK-Helpmekaarprys (1986)
• Uitnodiging tot die dans – Idemprys vir Radiohoorspele (1987)
• Voetpad na Vergelegen – Scheepersprys vir Jeuglektuur (1990)
• Al sy dramas – Hertzogprys vir Drama (1991)
• Moerland – Hofmeyrprys (1992), Rapportprys (1992) en CNA-prys (1992)
• Blindemol – SA Akademie se Erepenning vir Afrikaanse Hoorspele (2008)
|
|
home writers books contact buy rights
all content © Umuzi, Random House Struik

this website designed and maintained by Guanaco.co.za
|
|