 |
|

|
|
 |
Stuur gerus vir ons u mening oor hierdie skrywer. (Opmerkings mag aangepas en gebruik word vir hierdie webblad.)
Oor die vakleerling en leermeester / About the master and apprentice
Antoinette Pienaar is in Carnarvon as een van vyf dogters gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch ’n graad in drama behaal. Daarna het sy ’n loopbaan as sangeres gevolg met landwye optredes waarin sy dikwels historiese heldinne, soos Krotoa van die Kaap, besing het. Die afgelope sewe jaar is sy vakleerling van oom Johannes Willemse op ’n afgeleë plaas in die distrik van Beaufort-Wes. Kruidjie roer my is haar eerste boek. Vir kruieraad skakel Antoinette weeksdae tussen 17:00 en 19:00 by 023 4161659.
One of five sisters, Antoinette Pienaar was born in Carnarvon and studied drama at the University of Stellenbosch. She became a singer and performed countrywide, often telling the stories of historical heroines such as Krotoa of the Cape. For the past seven years she has been apprentice to Oom Johannes Willemse in the deep recesses of the Karoo. The Griqua's Apprentice is the translation of her first book. For advice on herbs, phone Antoinette weekdays between 17:00 and 19:00 on 023 4161659.
Johannes Willemse is op die plaas Breekkierie in die Kenhardt-distrik gebore as die oudste van twaalf kinders. Hy het saam met sy broers hulle pa, ‘n stukswerkman, van plaas tot plaas gehelp walle stoot, ploeg, klipkrale bou en putte grawe. In die veld by die skaap het sy oupa Hansie hom die Griekwas se kennis van heling begin leer. Deur ‘n lewe van harde, gesonde arbeid heen het hy talle mense met dié kennis van die veld se helingskuns behandel.
The oldest of twelve siblings, Oom Johannes Willemse was born on the farm Breekkierie in the Kenhardt district. With his brothers, he accompanied his father, a pieceworker, from farm to farm, opening irrigation furrows, ploughing lands, building stone kraals and digging pits. In the veld his Oupa Hansie taught him the healing knowledge of the Griquas. Through a life of hard, wholesome work he has treated many with the healing arts of the Karoo.
|
|
home writers books contact buy rights
all content © Umuzi, Random House Struik

this website designed and maintained by Guanaco.co.za
|
|